Wyn-Woorde

Wyn is baie keer verwarrend, met woorde wat vreeslik ‘grênd’ klink, en saam met dit net verwarring saai. Ons het dit goed gedink om vir jou ‘n lys woorde bymekaar te sit om vir jou te help om wyn beter te verstaan. 

Wyn Style

Kom ons begin met verskillende wyn style...

Bedoel om vir meer veelsydigheid binne die tradisionele klassifikasies te bied, laat hierdie, relatieve nuwe toevoeging, toe vir droë, laer swael, wyne. Sertifisering is 'n vereiste om hierdie term te gebruik. 

Hierdie behels 'n wit wyn wat net met wit kultivars vervaardig word. Die term word ook gebruik vir die vervaardiging van MCC of Champagne. 

'n Blanc Fumé is 'n wit wyn, normaalweg Sauvignon Blanc, wat gehout word tydens die fermentasie of veroudering van die wyn. Direk vertaal uit Frans, beteken dit 'rokerige wit'. 

Blanc de Noir is 'n styl van Rosé produksie wat behels dat die rooi druiwe gepars word in 'n pars masjien. Dit is wat die doppe van die druiwe breek en dan toelaat dat 'n bietjie van die pigment die wyn 'n pienk kleur gee. Direk vertaal uit Frans beteken dit 'wit van swart', omdat dit 'n wit wyn proses gebruik, maar met swart (oftewel rooi) druiwe gemaak word. 

'n Cape Blend, oftewel Kaapse Versnit, verwys na 'n versnit wyn waar Pinotage, die trots Suid Afrikaanse kultivar, die grootste persentasie van die versnit uitmaak. 

Cuveé is die Franse term vir 'n versnit wyn, wanneer meer as een kultivar bymekaar gevoeg word om voordelige karaktereienskappe van elkeen te beklemtoon en 'n balans tussen die kultivars te skep. 

'n Soet wyn wat gemaak word om saam met nagereg bedien te word. Dit is ook 'n goeie bypassendheid saam met verouderde kase.