‘n Versnit is ‘n vermenging van twee of meer kultivars om ‘n nuwe wyn te skep. Versnitte kan geskei word in verskeie style, toegeken tot die kultivars wat in daardie versnit gebruik word. Wit Bordeaux-styl versnitte bestaan uit: Sauvignon Blanc en Sémillon. Wit Rhône-styl versnitte bestaan uit: Marsanne, Rousanne, Viognier en Grenache Blanc. Nuwe wêreld-styl versnitte is versnitte wat nie binne enige konvensionele versnit styl val nie, deur unieke verhoudings tussen kultivars te ondersoek, en daarom nie die benaming van ‘n spesifieke styl kan aanneem nie.