‘n Versnit is ‘n vermenging van twee of meer kultivars om ‘n nuwe wyn te skep. Versnitte kan geskei word in verskeie style, toegeken tot die kultivars wat in daardie versnit gebruik word. Rooi Bordeaux-styl versnitte bestaan uit: Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Malbec, Petit Verdot en Merlot. Rooi Rhône-styl versnitte bestaan uit: Shiraz, Grenache Blanc, Grenache Noir, Mourvèdre, Picpoul, Terret Noir, Counoise, Muscardin, Vaccarese, Picardan, Cinsault, Clairette, Bourboulenc en Picpoul. Cape Blends is versnitte met Pinotage as die basis van die wyn. Nuwe wêreld-styl versnitte is versnitte wat nie binne enige konvensionele versnit styl val nie, deur unieke verhoudings tussen kultivars te ondersoek, en daarom nie die benaming van ‘n spesifieke styl kan aanneem nie.