Welkom

Welkom by ‘n stukkieKAAP

Nou en dan verlang jou hart dalk na die Kaap. Ons kan jou nie die hele kaap gee nie, maar ons help graag met ‘n  stukkieKAAP. 

Ons wys jou plekke, gesels met die mense agter die skerms, verkoop lekker wyne, kaapse spenskos, en mense-mens ervarings.  Kuier ook gerus op ons YouTube kanaal vir onderhoude met die wynmakers. 

Hier mag jy jou bokse (en taal) meng.  

 

Jy kan ook ‘n wynproe of akkommodasie of ‘n paar lekker doen-dinge in die Kaap bespreek.  

Dalk beplan jy funksie of fotosessie. Ongeag. Ons help graag. 

Ons bied oor virtuele wynproeë aan sodat almal wie van Jan Tuisbly vervoerdienste gebruik maak, steeds wynproeë kan geniet. 

As jy deel is van ‘n wynklub, of sommer net lief is om nuwe wyne te probeer hoor ons graag van jou.  Jy is dalk die vriendekring se wynguru.  Indien wel, kontak ons gerus om een van die stukkieKAAP ambassadeurs te word.  Jy gaan ‘n geldjie daarvoor kry.  Jy hoef nie eers plastiekbakkies of skoonmaakprodukte te verkoop of ‘n netwerk van mense onder jou te kry nie.  Net ‘n eerlike model van saamwerk.

 

HOE OM TE WERK TE GAAN

KliekKliek.

Maak vol jou mandjie. 

Betaal via EFT.

Maak tee en sit by die deur en wag vir een van die oulike Courier Guy manne. Jou pakkie is oppad. 

Share op Facebook en vertel al jou vriende.  

 

Projekte

Hier by stukkieKAAP werk ons graag saammet fondsinsamelingsprojekte en entrepreneurs.  Indien jy saammet ons wil werk, kontak ons gerus stukkieKAAP@gmail.com

Betaling & Aflewering

Aflewering word deur Courier Guy gedoen.  Gee ons asb terugvoer op die diens wat jy ontvang het. Ons wil graag flink aflewering bied.  Dit bygesê, neem asb kennis dat enige produk op promosie beperk is tot die beskikbaarheid van voorraad.  Daarmee saam, mag pryse soms verander.  

Die foto op die produk is die mees akkurate foto wat op die tydstip waarop die bestelling geplaas was, nie beskikbaar was nie. 

BELEEF DIT
SELF.
Virtuele Wynproe

Pleks van ‘n nat handdoek wees en met Jan-tuisbly se karretjie ry, bespreek ‘n besoek en beleef jou eie stukkieKAAP en terwyl reis ‘n verbode aktiwiteit is, bied ons ‘n paar virtuele toere aan.  ‘n StukkieKAAP in jou huis.  Ons virtuele wynproeë is groot pret.  Hou ons Facebook blad dop vir datums.

Subscribe

* indicates required
/ ( mm / dd )