KURK Crafts Sneeuflokkie

R45.00

Categories: ,

Description

KURK Crafts is n projek wat ontstaan het deur vroutjies wie kreatief geraak het om die druk van 2020 van hul gesinne te haal. Vroue wie verkies om te werk, eerder as bedel. Die winste van hierdie items word met die dame wie die produk gemaak het, gedeel.

Dankie dat jy haar, en indirek ook haar gesin ondersteun. Met hierdie geldjie koop sy haar eie kospakkie.

Produkte sluit it:

Sneeuflokkie @ R45 – maak  jou kersboom oulik, en gebruik van 1 Januarie af as potstaander.  Kurk is die perfekte materiaal vir jou warm potte.

Hartjie @ R45 – dis nou ‘n oulike kantoor geskenk vir jou koffiebeker, of sommer net ietsie mooi.

Bou-‘n-Bokkie @ R50, hierdie is n projek vir almal.  Die dames verpak alles wat jy nodig het om 6 oulike bokkies uit Kurk en takkies te maak.  Al die gaatjies is reeds vir jou gemaak.  Gom word verskaf, en jy kan doe oë opsit waar jy wil.  Bou saammet jou familie ‘n Bokkie familie – Jy kan dit nou nie op jou Corola se venter plak nie – maar dit is steeds ‘n oulike manier om hierdie kersfees jou familie na te boots.  Vir almal in ‘n kampterrein – sit ‘n ekstra stap by en verf dit.  Dis nou oulik.

Die Magneet Plantertjies is uitgeholde kurke waarin n vetplantjie of spekboompie heerlik teen jou yskas kan groei. Grond en Plantjie uitgesluit.  @ R20 – PS; ook baie oulik teen n vensterraam, bo jou braaier (wees net versigtig vir die hitte).  Ag eintlik kan die oulike goedjies enige plekkie opkikker.

Hierdie produkte word deur n groepie dames in Mbekwenie en Weltevrede, net buite Wellington gemaak.  Twee van dames is al so gevorder dat hulle as mentors optree vir nuwe crafters.

Filt Kerspoppies word deur n dame in Durbanville gemaak.  Hierdie kom in ‘n stel van 6 @R120

Hout Bokkie Kersdekor is meer divers as slegs kersfees.  Suid-Afrika het soveel bokkie, maar nou nie juis die tradisionele takbok nie.  Daarom sluit die reeks diere soos ‘n koedoe, gemsbok, buffel, rooibok in, en omdat dit kersfees is, ook n boerbok.  Iemand moet seker ‘n lekker wit baard hê.  Die dame agter hierdie produk woon in Somerset-Wes.  ‘n Stelletjie bestaan uit 6 figure @ R70

Die kerskouse is beskikbaar in groot en medium.  ‘n Bottel MCC of wyn pas in byde.  Die groot sakkie het nog plek vir n paar ander lekker produkte ook. Gesels na jou bestelling met ons oor die motief wat jy verkies. Groot: R60  Klein: R50

 

Materiaal Geskenksakkies word gemaak deur n dame in Wellington. Sy doen nog altyd handwerk, wat tradisioneel by padstalle verkoop word, maar ai.  Met Lockdown en die verbod op reis het padstalle nie die nodig voete gehad nie, en sy moes aan nog n paar planne dink.  Hierdie sakkie is bruikbaar vir enige geskenk en baie meer duursaam as die papiersakkies wat oral oor te koop is teen dubbel die prys. 24cm breed, 30cm hoog met n toutjie wat styf trek.  R30 (kry sommer n paar).

 

Additional information

Weight 0.5 kg