Port-styl wyne is wyne wat met ‘n hoë alkohol spiritus gefortifiseer word en het ontstaan as ‘n manier vir Portegese seëvaarders om hul wyne te beskerm daarteen dat dit vinnig sal afgaan. Wetlik mag die benaming Port nie in Suid Afrika gebruik word nie, omdat die wyne buite die Porto streek in Portugal vervaardig word.