WELKOM BY
stukkieKAAP

Nou en dan verlang jou hart dalk na die Kaap. Ons kan jou nie die hele kaap gee nie, maar ons help graag met ‘n  stukkieKAAP. 

Ons wys jou plekke, gesels met die mense agter die skerms, verkoop lekker wyne, kaapse spenskos, en mense-mens ervarings.  Kuier ook gerus op ons YouTube kanaal vir onderhoude met die wynmakers. 

Hier mag jy jou bokse (en taal) meng.  

Jy kan ook ‘n wynproe of akkommodasie of ‘n paar lekker doen-dinge in die Kaap bespreek.  

Dalk beplan jy funksie of fotosessie. Ongeag. Ons help graag. 

Ons bied oor virtuele wynproeë aan sodat almal wie van Jan Tuisbly vervoerdienste gebruik maak, steeds wynproeë kan geniet. 

As jy deel is van ‘n wynklub, of sommer net lief is om nuwe wyne te probeer hoor ons graag van jou.  Jy is dalk die vriendekring se wynguru.  Indien wel, kontak ons gerus om een van die stukkieKAAP ambassadeurs te word.  Jy gaan ‘n geldjie daarvoor kry.  Jy hoef nie eers plastiekbakkies of skoonmaakprodukte te verkoop of ‘n netwerk van mense onder jou te kry nie.  Net ‘n eerlike model van saamwerk.

tim-mossholder-KDlLiCL7XPk-unsplash
BELEEF DIT SELF
VIRTUELE WYNPROE

Pleks van ‘n nat handdoek wees en met Jan-tuisbly se karretjie ry, bespreek ‘n besoek en beleef jou eie stukkieKAAP en terwyl reis ‘n verbode aktiwiteit is, bied ons ‘n paar virtuele toere aan.  ‘n StukkieKAAP in jou huis.  Ons virtuele wynproeë is groot pret.  Hou ons Facebook blad dop vir datums.