stukkieKAAP het n huis gekry by die Avo Sentrum in Wellington.
Die Avo Sentrum se naam spruit uit die reuse Avokadopeer boom voor in die tuin. Hier kan ons heerlik in sy skadu ‘n glas wyn geniet in die warm Wellington dae.
Besoek ons proelokaal, waar ons gereeld kultivar proeë aanbied, wyn-en-kuns parings doen, en wynetes aanbied. Die spasie is ook beskikbaar vir privaat gebruik. Kontak ons gerus om die venue te gebruik.